Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Biblioteekwebinare vir Mei 2023
Begin: 11/05/2023, 14:00
Einde: 31/05/2023, 14:00
Kontak:Kirchner van Deventer - 0218082623
Plek: Webinars


Hierdie werkswinkels is gemik op nagraadse studente, opkomende navorsers en akademiese personeel en dié sessies se fokus is op die navorsingsproses. Die sessies wissel in lengte na gelang van die onderwerp, maar hulle dek 'n wye reeds onderwerpe wat verband hou met die nagraadse navorsingsreis.

Data visualisering met Power BI

Die werkswinkel is 'n praktiese inleiding tot Power BI, wat gratis beskikbaar is deur die US se Microsoft 365 intekening.

Deelneemers sal die volgende leer:

  • Hoe om die toepassing af te laai en aan MS Excel te koppel
  • Hoe om data maklik te begin visualiseer met 'n uitgebreide databasis van beskibare data visualiserings.
  • Hoe om verslae te bou

Datum: 18 Mei 2023 @ 11h00 – 13h00

Bespreek hier

Maksimaliseer jou navorsingsimpak

Hierdie werkswinkel sal jou wys hoe om jou impak as navorser te verbeter.

Datum: 23 Mei 2023 @ 11h00 – 13h00

Bespreek hier

Maak belangrike besluite oor die publisering van jou navorsing

Hierdie praktiese sessie dek belangrike fatore wat jou sal help besluit waar om jou navorsing te publiseer. Deur die regte keuses te maak, kan jy die aantal lesers en aanhalings van jou navorsing verhoog, publikasievertraging verminder en dus verseker dat jou publikasie vir staatsubsidie in aanmerking kom.

Datum: 24 Mei 2023 @ 10h00 – 13h00

Bespreek hier