Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
'Slow Intimacy' Konferensie
Begin: 12/10/2022, 08:00
Einde: 14/10/2022, 17:00
Kontak:Prof Amanda Gouws -
Plek: StIAS

Onlangs het feministiese en queer-studies hulle tot die konsep van intimiteit gewend, beide as onderwerp en as 'n analitiese rubriek. In die Slow Intimacy-konferensie, wat tussen 12 en 14 Oktober by die Stellenbosch Instituut vir Gevorderde Studie gehou word, sal die fokus wees op 'langsame intimiteit', met ander woorde, intieme interaksies wat blywend, lank, in proses en in ontwikkeling is . Die konferensie word aangebied deur prof Amanda Gouws (SARChI Leerstoel in Gender Politiek) en prof Lou-Marie Kruger (Departement Sielkunde). Die interdissiplinêre referate ondersoek die prosesse van ken en wys wat met langsame intimiteit geassosieer word en die maniere waarop langsame intimiteit aan mag gekoppel word en deur groter samelewingsprosesse (polities, sosiaal, ekonomies) gevorm word.