Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
#SmartResearcher en #SmartStudent webinare vir Oktober 2022
Begin: 29/09/2022, 15:00
Einde: 31/10/2022, 15:00
Kontak:Kirchner van Deventer/Jeremiah Pietersen - 0218082623
Plek: Webinars
#SmartResearcher

Hierdie werkswinkels is gemik op nagraadse studente, opkomende navorsers en akademiese personeel en dié sessies se fokus is op die navorsingsproses. Die sessies wissel in lengte na gelang van die onderwerp, maar hulle dek 'n wye reeds onderwerpe wat verband hou met die nagraadse navorsingsreis.

Mendeley vir verwysingsbestuur en
akademiese samewerking

Die bestuur van jou verwysings kan 'n uitdagende taak wees. Hierdie werkswinkel sal jou bekendstel aan Mendeley, 'n gratis hulpmiddel wat hoofsaaklik op verwysingsbestuur fokus. Mendeley bied verskeie dienste, insluitend verwysingsbestuur, organisering en annotasie van PDF-dokumente en akademiese samewerking.

Datum: Dinsdag, 4 Oktober, 14h00 – 15h30

Bespreek hier

Bestuur jou unieke navorsersidentiteit met ORCID

ORCID is 'n oop, nie-winsgewende, gemeenskapsgedrewe poging om 'n register van unieke navorsersidentiteite te skep en in stand te hou. Dit dien ook as 'n deursigtige metode om navorsingsaktiwiteite en -uitsette aan hierdie identiteite te koppel. Hierdie werkswinkel sal verduidelik wat ORCID is, hoe om jou profiel te registreer en met nodige inligting in te vul.

Datum: Donderdag, 6 Oktober, 14h00 – 15h30

Bespreek hier

Inhandiging van jou tesis/proefskrif tot SUNScholar

Is jy gereed om jou tesis, verhandeling of artikel in te handig by die Biblioteek se digitale navorsingsbewaarplek in te dien? Hierdie biblioteek-opleidingsgeleentheid vir nagraadse studente of personeel is ontwerp om praktiese leiding te gee aan diegene wat gereed is om hul proefskrif/verhandeling/artikel by SUNScholar in te dien.

Datum: Dinsdag, 11 Oktober, 11h00 – 12h00

Bespreek hier

#SmartStudent

Hierdie program is ontwikkel om studente en personeel van inleidende sessies aan biblioteekverwante onderwerpe te voorsien. Vir hierdie doel is hierdie sessies slegs 30 minute lank en u is welkom om enige vrae saam te bring. Daarbenewens het ons 'n paar video-tutoriale ontwikkel vir vinnige hulp.

Afkampus toegang tot Biblioteek E-bronne

Deelnemers sal leer hoe om toegang tot Biblioteek E-bronne te verkry terwyl hulle afkampus is.

Datum: Woensdag, 5 Oktober, 12h00 – 12h30

Bespreek hier

Verbeter jou strategie vir literatuursoektogte

Leer om jou literatuursoekstrategie te verbeter om die beste moontlike resultate te kry wanneer jy na inligting in databasisse soek.

Datum: Maandag, 10 Oktober, 12h00 – 12h30

Bespreek hier