Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Navorsingseminaar: Onderrig, Leer en Assessering
Begin: 25/08/2022, 12:45
Einde: 25/08/2022, 14:00
Kontak:Karin Cattell-Holden -
Plek: MS Teams

​Die Onderriggenote van die Universiteit Stellenbosch (US) en die Sentrum vir Onderrig en Leer nooi graag die US se onderrig-, leer- en assesseringsgemeenskap na ʼn navorsingseminaar oor “aktiewe terugvoer": 

Titel:  Wat as studente hulle eie terugvoer genereer?

Sprekers:  David Nicol en Suzanne McCallum (Universiteit van Glasgow)

Datum:  25 Augustus 2022

Tyd:  12:45 –14:00

Plek:  MS Teams​


Opsomming 

Wanneer studente terugvoerkommentaar van ʼn dosent ontvang, moet hulle daardie kommentaar met hulle werk vergelyk en dan (hopelik) nuwe begrip uit daardie vergelyking put. In hierdie voorstelling verskaf die dosent die inligting, maar dit is die student wat (innerlike) terugvoer voortbring. Wat sou gebeur as studente gevra word om hulle werk met inligting buiten kommentaar, in ʼn handboek, video, diagram, vaktydskrifartikel, rubriek of die een of ander kombinasie hiervan, te vergelyk? Nuwe navorsing dui aan dat, wanneer studente doelbewus aangesê word om dit te doen en hulle innerlike terugvoer eksplisiet te maak (bv. op skrif), die resultate merkwaardig is. Hierdie metode verryk nie slegs die diepte en omvang van studente se leer nie, maar belangriker nog, ontwikkel ook hulle vermoë om hulle eie leer te reguleer – die doel van die meeste hoëronderwysprogramme. Dosente kan ook terugvoer na alle studente uitbrei sonder om hulle eie werklas te vergroot. Hierdie seminaar sal die denke agter hierdie metode en hoe om dit in die praktyk toe te pas, verken. 


​Hoofver​​wysings 

Nicol, D. 2020. The power of internal feedback: Exploiting natural comparison processes. Assessment and Evaluation in Higher Education, 46:5, 756-778. https://doi.org/10.1080/02602938.2020.1823314

Nicol, D. 2022. Turning Active Learning into Active Feedback. Introductory Guide from Active Feedback Toolkit, Adam Smith Business School. National Teaching Repository. Educational resource. https://doi.org/10.25416/NTR.19929290

Nicol, D. en McCallum, S. 2022. Making internal feedback explicit: exploiting the multiple comparisons that occur during peer review. Assessment and Evaluation in Higher Education, 47:3, 424-443. https://doi.org/10.1080/02602938.2021.1924620 

Raadpleeg www.davidnicol.net vir meer inligting en bronne. 


Videoskak​​els 

Video (2 min): deel van voorlegging vir Reimagine Education Award 2020  HIER 

Video (15 min): Onderhoud met David Nicol: aanbieding by die internasionale konferensie van Reimagine Education in 2020, waar sy werk die Silwer-toekenning vir Innovasie in die Wetenskap van Leer ontvang het  HIER. 


Biogra​​​fieë 

David Nicol is ʼn navorsingsprofessor aan die hoof van die Inisiatief vir Uitnemendheid in Onderrig in die Adam Smith Bestuurskool, Universiteit van Glasgow, en ʼn besoekende professor aan die Universiteit van Padova, Italië. Hy werk met akademiese personeel mee aan opvoedkundige verbeteringsprojekte. Sy navorsingsbelange lê in onderrig, leer, assessering en terugvoer, e-leer en veranderingsbestuur in die hoër onderwys. Sy artikel van 2006 oor die sewe beginsels van goeie terugvoerpraktyk (Studies in Higher Education) is internasionaal een van die mees gesiteerde artikels oor terugvoer in onderwys oor die afgelope 15 jaar. Sy onlangse navorsing en publikasie oor die mag van interne terugvoer (The Power of Internal Feedback) het die Silwer-toekenning vir Innovasie in die Wetenskap van Leer by die internasionale konferensie van Reimagine Education in 2020 ontvang. Hierdie navorsing fokus op hoe studente interne terugvoer in alledaagse aktiwiteite genereer en hoe om hierdie natuurlike kapasiteit vir terugvoeragentskap in opvoedkundige en beroepsomgewings in te span. www.davidn​icol.net 

Suzanne McCallum is ʼn senior dosent en medehoof van leer en onderrig vir rekeningkunde en finansies in die Adam Smith Bestuurskool, Universiteit van Glasgow. Sy ondersteun verbeterings aan leer en onderrig oor alle graadprogramme in rekeningkunde en finansies heen. As deel van die Inisiatief vir Uitnemendheid in Onderrig implementeer en evalueer sy innovasies in terugvoerpraktyke in haar eie kursusse en versprei hierdie idees internasionaal deur werkswinkels, konferensies, medewerking en publikasies. Meer inligting oor Suzanne is op haar personeelprofiel beskikbaar. https://www.gla.ac.uk/schools/business/staff/suzannemccallum/   

Navrae: Karin Cattell-Holden (kcattell@sun.ac.za)