Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
65ste kongres van die Suid-Afrikaanse Wiskunde Vereniging (SAWV)
Begin: 06/12/2022, 08:00
Einde: 08/12/2022, 17:00
Kontak:Nick Hale -
Plek: Van der Sterr Building, Stellenbosch University
Die Departement Wiskundige Wetenskappe is bevoorreg om die 65ste jaarlikse kongres van die Suid-Afrikaanse Wiskunde Vereniging (SAWV) aan te bied. Die kongres sal van 6 tot 8 Desember 2022 by die Universiteit van Stellenbosch in persoon plaasvind. 

Vyf hoofsprekers (beide plaaslik en internasionaal) sal optree en daar sal spesiale sessies wees op die gebied van Kategorieteorie, Algebra, Topologie en Logika (KATL); Differensiaalvergelykings; Funksionaalanalise en Operatorteorie (FAOT); Grafiekteorie en Kombinatorika; Lie-simmetrieë en nie-lineêre differensiaalvergelykings; Masjien-intelligensie en Leer uit Ervaring (MILE); Numeriese en Toegepaste Wiskunde (SANUM); en Vroue in Wiskunde.

Registrasie en abstrakte kan nou ingedien word.  Verdere inligting kan op die konferensiewebwerf verkry word: https://appliedmaths.sun.ac.za/samscongress2022/