Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Skenkingsdag: Kom kry ‘n voorsmakie
Begin: 12/05/2022, 17:30
Einde: 12/05/2022, 19:00
Kontak:Viwe Benxa -
Plek: Alumni Club / Klubhuis / Die Stal

Die Afdeling Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge nooi jou graag uit na 'n wynproe‑fondsinsamelingsgeleentheid op Donderdag 12 Mei 2022. By hierdie spesiale geleentheid gaan ons jou 'n voorsmakie gee van wat jy kan verwag by die jaarlikse Universiteit Stellenbosch-skenkingsdag wat later vanjaar plaasvind.

Kom sluit by ons aan vir goeie geselskap, verversings, en die geleentheid om te luister na ikone in die wynbedryf terwyl daar aan ons gunsteling Suid-Afrikaanse wyne geteug word.

Skenkingsdag maak deel uit van die Universiteit se Jaarfonds, Bridge the Gap, wat daarop gemik is om die struikelblokke wat Maties kortwiek uit die weg te ruim sodat hulle 'n ware studente-ervaring kan geniet en daardie gesogte graad kan behaal. Die Universiteit samel geld in vir verskeie inisiatiewe onder die vaandel van Bridge the Gap. Dit sluit in #Move4Food, die Tygerberg Pantry-projek, #Action4Inclusion, #GradMe, #Zim4Zim, #End Period Poverty#MatiesHaveDrive en Caught in the Middle.

Ons vertrou jy sal gou jou plek bespreek en die geleentheid gebruik om jou steun aan ons studente te verleen​ — elke rand kan beslis 'n groot impak maak. Daar sal ook skenkingsboksies by die geleentheid wees om nie-bederfbare voedsel en toiletware (insluitende sanitêre doekies) te skenk. Indien jy nie die geleentheid kan bywoon nie maar nogtans 'n verskil wil maak, skenk asseblief HIER. 

Die besonderhede van die geleentheid is soos volg:

Datum: Donderdag 12 Mei 2022

Tyd: 17:30 vir 18:00

Plek: Alumni-klubhuis by Die Stal

Koste: R80

KLIK HIER om jou kaartjie teen Vrydag 6 Mei te koop.