Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Aanlyn-gesprek: Modellering van aansteeklike siektes, soos COVID-19
Begin: 11/06/2020, 18:00
Einde: 11/06/2020, 19:00
Kontak:Wiida Fourie-Basson - 079 427 1976
Plek: Online

Science Café Stellenbosch gaan aanlyn met 'n praatjie deur prof. Juliet Pulliam, 'n spesialis in die modelering van aansteeklike siektes.

Prof Pulliem is ook lid van 'n consortium van spesialiste wat deur die Nasionale Instituut vir Aansteeklike Siektes byeengeroep is om die Regering en die Departement van Gesondheid te ondersteun met weeklikse verslae oor die vordering van die KOVID-19 pandemie in Suid-Afrika.

In haar praatjie sal sy 'n oorsig gee van hoe modelle gebruik – en misbruik – kan word om opkomende siektes beter te verstaan, met spesifieke verwysing na modeleringsresultate vir KOVID-19 in Suid-Afrika.

Prof. Mike Cherry, professor in Dierkunde aan die US en voormalige hoofredakteur van die South African Journal of Science, sal die gesprek lei.

Datum: Donderdag 11 Junie 2020

Tyd: 18:00-19:00

Klik hier om by ons aan te sluit of RSVP by sciencecafe@sun.ac.za

Meer oor die spreker

Prof. Pulliam is direkteur van die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Epidemiologiese  Modelering en Analise (SACEMA), 'n DWI/NNS Sentrum van Uitnemendheid wat deur die Universiteit Stellenbosch gehuisves word. Haar navorsing fokus op die toepassing van wiskundige modelle op vraagstukke in die epidemiologie van aansteeklike siektes, veral in omgewings met beperkte hulpbronne. Tot dusver het die meeste van haar werk gefokus op soönotiese en vektor-oordraagbare infeksies, insluitend including Nipah, Japanese encephalitis, Dengue, and Ebola viruses. Sy het 'n PhD in Ekologie en Evolusionêre Biologie van Princeton Universiteit. Voordat sy in in 2016 by SACEMA aangesluit het, was sy deel van die Departement Biologie en Opkomende Patogene by die Universiteit van Florida, waar sy vanaf 2012 tot 2016 ook die eerste direkteur was van die Internasionale Klinieke van Aansteeklike Siektedinamika en Data (ICI3D) Program;

Science Café Stellenbosch is 'n inisiatief van die US se Fakulteit Natuurwetenskappe om openbare gesprekke oor wetenskaplike kwessies te ondersteun.

Die geleentheid word aangebied in samewerking met die Afdeling Ontwikkeling en Alumniverhoudinge.