Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Intreerede van Prof Zurab Janelidze
Begin: 03/09/2019, 17:30
Einde: 03/09/2019, 19:00
Kontak:Ms Suzette Els -
Plek: Lecture room A203, JC Smuts Building, 54 Merriman Avenue

​Prof. Zurab Janelidze sal sy professorale intreerede lewer oor die onderwerp "Formulas and forms in categorical algebra".

Meer oor die lesing:

Die meeste wiskundige strukture van 'n gegewe soort kan opgetel en vermenigvuldig word, net soos met getalle. Dit lei tot die ontwikkeling van getalleleer van wiskundige strukture. In hierdie lesing sal jy sien hoe eenvoudige wette in getalleleer daartoe in staat is om die interne kompleksiteit van sekere wiskundige strukture vas te vang, en hoe dit soms moontlik is om die interne vorm van 'n struktuur te ontbloot deur die organisasie van die verhoudings tussen soortgelyke strukture. Die idee van 'n 'kategorie' is uitgedink om algemene beginsels van verhoudings tussen wiskundige strukture uit te druk. 'n Meer verfynde idee van 'n 'vorm' word voorgestel, wat dit moontlik maak om simmetrie in hierdie strukture te ontbloot, terwyl dit voorheen net deur spesifieke strukture gedoen kon word. Dit is egter nie 'n einde nie, maar slegs die begin van nuwe ondersoeke.

Meeer oor Prof Janelidze

Zurab Janelidze is Professor in Wiskunde in die Departement Wiskundige Wetenskappe. Sy spesialisveld is kategoriese algebra, 'n samesmelting van kategorie teorie en algebra. Hy dien op die redaksionele raad van die vaktydskrifte Applied Categorical Structures and Cahiers de Topologie et Géométrie Différentielle Catégoriques, twee van die drie belangrikste internasionale vaktydskrifte in kategorie teorie. Hy het sy universiteitstudies aan Tbilisi Staatsuniversiteit in Georgië voltooi, waar hy sy PhD in 2006 behaal het. Gedurende 2007-2008 was hy 'n nadoktorale genoot by die Universiteit van Kaapstad. In 2009 is hy as lector by Stellenbosch Universiteit aangestel, en word bevorder tot senior lektor, mede-professor en vol professor in onderskeidelik 2011, 2014 and 2019. Hy is die programleier vir Wiskundige Wetenskappe en sameroeper vir die Grondslae van Abstrakte Wiskunde modules wat op tweede- en derdejaarsvlak aangebied word.