Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
FGGW Oop Vergadering - Biomediese Navorsingsfasiliteit (BMNF)
Begin: 17/08/2018, 13:00
Einde: 17/08/2018, 14:00
Kontak:Sonja van Staden - 021 938 9098
Plek: Tygerberg Campus / -kampus

​Die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe is besig met die finalisering van die beplanning vir die nuwe Biomediese Navorsingsfasiliteit (BMNF).  Die doel van die Biomediese Navorsingsfasiliteit is om die huidige Fisan-gebou te transformeer, uit te brei en op te gradeer na 'n moderne wêreldklas navorsingsfasiliteit. 

Alle personeel en studente van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe word uitgenooi na n oop vergadering waar u ingelig sal word oor die mees onlangse ontwikkelinge met betrekking tot die nuwe Biomediese Navorsingsfasiliteit van die FGGW.

Datum: Vrydag 17 Augustus 2018
Tyd: 13:00 – 14:00
Lokaal: Lesingsaal 11, Onderwysgebou, Tygerberg-kampus