Johan Badenhorst van Voetspore-faam, Johan Bakkes, skrywer en bierdrinker,
en Ampie Kruger, bierbroumeester van Wild Clover-brouery buite Stellenbosch, is
die gaste by die volgende Woordpret van die WAT op 18 Mei. Hulle is op
soek na die kroon van die goue vog van Ninkasi, die Mesopotamiese godin van
bier. Tans reis hulle met die TV-program Dors al proeënde van een
vakmansbierbrouery na die ander. Die term vakmansbier is hul eie
skepping in die plek van boetiekbier. Hulle sal kom vertel van die reis
en die gaste sal vakmansbier kan drink.
Bier,
sap en ligte verversings is vanaf 12:30 beskikbaar. Die span van Dors
kom om 13:00 aan die beurt. Die program duur ongeveer 45 min. en sal dus voor
13:45 ten einde loop.
Kaartjies
kos R30 en daar is sitplek vir slegs 50 persone. Skakel Susan of Tanja
voor of op 16 Mei by 021 887 3113 of kontak die WAT by wat@sun.ac.za
om u sitplek te bespreek. Die Buro van die WAT is in Banghoekweg 115,
Stellenbosch.