Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Wetenskap, tegnologie en universiteite van die toekoms
Begin: 05/03/2018, 18:30
Einde: 05/03/2018, 19:30
Kontak:Wiida Fourie-Basson - 021 808 2684
Plek: Die Plataan Kafee, Sasol Kunsmuseum

Wat hou die volgende eeu vir ons in ten opsigte van die wetenskap en tegnologie?

 Vanaand fokus Science Café Stellenbosch op rekenaars, kunsmatige intelligensie en of universiteite soos ons dit vandag ken, nog oor 'n honderd jaar gaan bestaan? Dave Pepler gesels met rekenaarwetenskaplike Prof. Willem Visser, 'n kenner van kunsmatige intelligensie, Prof. Bruce Watson, asook die US se Viserektor: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studies, Prof Eugene Cloete.

Science Café Stellenbosch is 'n inisiatief van die US se Fakulteit Natuurwetenskappe om openbare gesprekke oor wetenskaplike kwessies aan te moedig en dit in 'n taal wat almal kan verstaan. Volg ons op Facebook of stuur 'n epos aan sciencecafe@sun.ac.za