Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Auxin Etensuur Bespreking
Begin: 27/02/2018, 12:45
Einde: 27/02/2018, 13:45
Kontak: -
Plek: Den Bosch

Die naam van hierdie projek, "Auxin", kom uit Grieks (auxano) en beteken om "te groei".  Die Sentrum vir Onderrig en Leer (SOL) het hierdie projek begin in die uitvoering van hulle taak om US-akademici met hulle onderrigverantwoordelikhede by te staan.
 
Om meer oor hierdie projek te lees, klik hier.

Die doelwit van die Auxin-projek is om vir US-akademici die volgende groeigeleenthede te skep:

  • Toonvensters vir innoverende onderrig- en assesseringspraktyke op kampus
  • Geleenthede vir akademici om hulle kennis oor onderwerpe in die arena van onderrig en leer aan die US, waarin hulle self belangstel, te ondersoek en te verdiep
  • 'n Padkaart vir akademieskap vir onderrig en leer as deel van die algehele groeiproses vir dosente om reflektiewe dosente te word.


Auxins vind maandeliks oor die etensuur plaas (12:45 – 13:45), "padkos" sal verskaf word.

Plek: Den Bosch, oorkant Skuilhoek, Victoriastraat 41 (reg agter die Konservatorium).

Besprekings: Nothemba Nqayi
E-pos: nothemban@sun.ac.za
​Tel: 021 808 3717

Vir hulpbronne van vorige Auxins, klik hier.