Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Studente se leerervarings tel nou meer as ooit vantevore
Outeur: Charles Mackenzie / Division Student Affairs
Gepubliseer: 15/05/2019

Die Universiteit Stellenbosch (US) bou sy missie uit om 'n transformerende studente-ervaring te bied deur leergeleenthede en universiteitsaktiwiteite wat buite die lesingsaal aangebied word, formeel te erken. Met sy nuwe Regulasie vir Ko-kurrikulum Erkenning, vorm aktiwiteite wat buite die formele kurrikulum val ook nou deel van studente se akademiese transkripte.

“Die doel van die Regulasie vir Ko-kurrikulum Erkenning is om graduandi te ontwikkel wat ondersoekend van aard, betrokke burgers en dinamiese, professionele persone is en wat uiteindelik die US sal verlaat as afgeronde individue," het dr Ronel Retief, US Registrateur, gesê.

“By die US berei ons ons graduandi voor op 'n “VUCA-wêreld": 'n wêreld wat deur onbestendigheid ('Volatility'), onsekerheid ('Uncertainty'), ingewikkeldheid ('Complexity') en onduidelikheid ('Ambiguity') gekenmerk word. Graduandi sal doeltreffend en krities dink, 'n sekere diepte kennis in hul vakgebied bereik en 'n begrip van die maniere waarop hulle kennis en begrip van die heelal, die samelewing en die self kan inwin, ontwikkel. Maar wat nog belangriker is, is dat hulle in staat sal wees om hul kennis en begrip te gebruik om kreatiewe oplossings vir dringende plaaslike en internasionale kwessies te vind."

US-studente kry die geleentheid om by 'n wye verskeidenheid ervaringsgeleenthede in te skakel deur deel te neem aan leierskapprogramme, mentorskap, tutorberading, sport, verenigings, vrywilligerdiens, inisiatiewe om bewustheid te skep, loopbaanadvies en talle ander belangstellingsvelde. Hierdie nuwe Regulasie vir Ko-kurrikulum Erkenning verseker dat alle US studente die geleentheid kry dat hul ko-kurrikulêre aktiwiteite op hul akademiese transkripsie erken word.

Sabelo Tyeku, 'n finalejaar BEd-student, is een van vele studente wat by hierdie nuwe inisiatief gaan baat. Tyeku is al vir twee jaar lank 'n lid van die sosiale impak-program Ikaya Primêr Tutorprogram wat op Kayamandi en die bemagtiging van jong en laerskoolkinders met bystand in die akademie, kuns, lees, fotografie en volhoubare ontwikkel, fokus. Ten tyde van sy graduering aan die US, sal sy akademiese transkripsie 'n opsomming van alle formeel-geassesseerde leer, toekennings en prestasies insluit wat hy gedurende sy tyd by die US bereik het. Tyeku sê hy sal  'n lid van dié program bly vir solank as wat hy by die US studeer, maar dat sy visie vir sosiale impak-inisiatiewe nie hier eindig nie. Hy droom van 'n toekoms waar hy handelsgebaseerde sosiale projekte kan loods wat Suid-Afrikaners in staat sal stel om hulself te bevorder.

Die insluiting van ko-kurrikulêre aktiwiteite op die akademiese transkripsie brei die ambisie van studente uit in hulle strewe na kennis. Janco Marais, 'n BCom-student, het sedert die begin van sy studies aan vyf ko-kurrikulêre programme deelgeneem en is tans betrokke by die Dempers Meyer Mentorprogram, een van vele ko-kurrikulêre aanbiedings by die US. Hierdie program poog om studente holisties te ontwikkel en bemagtig hulle om 'n impak op mense uit verskillende agtergronde te hê, sodat wanneer hulle by die US afstudeer, hulle burgers kan wees wat 'n impak op die Suid-Afrikaanse samelewing het.

“Baie van ons neem aanvanklik aan hierdie programme deel om erkenning te kry op ons akademiese transkripte of CV's, maar ons leer dat ons met iets van veel groter waarde wegstap as wat ons aanvanklik verwag het. Op ʼn praktiese grondslag het ons vaardighede aangeleer wat elders in die samelewing toegepas kan word. Ons verlaat hierdie programme met veel meer as waarmee ons begin het," het Marais gesê.

Die Ko-kurrikulum Prospektus bevat inligting oor ervaringsgeleenthede wat studente kan benut om hul vaardighede te ontwikkel in die vorming van die US se eienskappe van graduandi.

Vir meer inligting oor die ko-kurrikulêre aanbod by die US, besoek www.sun.ac.za/cocur of kontak:

Pule Mochichane: pulem@sun.ac.za
Ruth Andrews: rutha@sun.ac.za