Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Steyn, Brody dien op US-raad
Outeur: Registrar/Registrateur
Gepubliseer: 22/02/2018

Mnr George Steyn en mnr Hubert Brody sal as lede van die Universiteit Stellenbosch (US) Raad vir die termyn 2 April 2018 tot 1 April 2022 dien. 

Ooreenkomstig par. 15 van die Statuut van die US, is die donateurs van die Universiteit op 9 Januarie 2018 in kennis gestel dat die ampstermyn van mnr GM (George) Steyn en prof PW van der Walt as lede van die Raad van die Universiteit , daartoe deur die donateurs verkies, op 1 April 2018 verstryk en dat nominasies vir hierdie twee vakante posisies, voor of op 24 Januarie 2018, by die Registrateur ingedien moes word.

Aangesien daar slegs twee nominasies, die van mnre GM (George) Steyn en HR (Hubert) Brody, ontvang is, word hulle verkose beskou as Raadslede.

  • ​​Foto's: Hubert Brody (foto verskaf) en George Steyn (fotograaf: Anton Jordaan).