Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Gebaretaalklasse
Outeur: Dr Marcia Lyner-Cleophas
Gepubliseer: 13/02/2018

Die Eenheid vir Gestremdhede wat deel is van die Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling (SSVO) by Studentesake sal Beginner Gebaretaalklasse in Februarie en Maart 2018 aanbied.

ʼn Verbintenisfooi van R20 per klas sal gevra word. Die totale kostes is dus R120.00 vir die volle stel klasse. Die klasse sal op die volgende dae gehou word:

Woensdag 21 Februarie 2018 13h00 – 14h00 (SSVO)

Woensdag 28 Februarie 2018 13h00 14h00 (SSVO)  

Woensdag 7 Maart 2018 13h00 14h00 (SSVO)

Woensdag 14 Maart 2018 13h00 14h00 (SSVO)  

Woensdag 21 Maart 2018 13h00 14h00 (SSVO)  

Woensdag 28 Maart 2018 13h00 14h00 (SSVO)  

Lokaal: Victoriastraat 39, Den Bosch, Huis Simon Nkoli House.

Inskrywings vir die werkswinkels word slegs elektronies gedoen by http://www.sun.ac.za/workshops.  Vir verdere   inligting  stuur 'n e-pos na workshops@sun.ac.za.  Personeel en studente is welkom om in te skryf.