Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US Toekennings vir Uitnemendheid in Onderrig 2017
Outeur: Dr Karin Cattell
Gepubliseer: 15/11/2017

US Toekennings vir Uitnemendheid in Onderrig 2017

 

Die Universiteit Stellenbosch het 'n jaarlikse stelsel van institusionele toekennings vir uitnemende onderrig in 2017 ingestel.

Die toekennings is ontwerp om uitnemende onderrig op institusionele vlak te erken en bied 'n geleentheid om reflektiewe en konteksbewuste onderrig na waarde te skat. Die toekennings het ten doel om:

  • Ondersteuning vir uitnemende onderrig en leer op 'n institusionele vlak te toon;
  • 'n Kader akademici te genereer wat inspirasie en leierskap in onderrig in hul dissiplines en oor die instelling heen kan voorsien, en
  • Debat oor en 'n openbare bewustheid van wat uitnemende onderrig inhou te genereer.

     

    Kandidate is aan die hand van 'n onderrigportefeulje deur hul fakulteite genomineer en die aansoeke is daarna deur 'n institusionele keurkomitee geëvalueer.

     

    Die keurkomitee het die volgende 13 toekennings vir 2017 goedgekeur:

     
  1. Dr. E.M. Adendorff (Dept. Afrikaans en Nederlands, Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe)
  2. Mnr. J.C. Bekker (Dept. Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese, Fakulteit Ingenieurswese)
  3. Mnr. W.A. Bishop (Skool vir Rekeningkunde, Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
  4. Prof. N. Davids (Dept. Opvoedingsbeleidstudie, Fakulteit Opvoedkunde)
  5. Me. E. de Jager (Skool vir Rekeningkunde, Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
  6. Prof. C. Esterhuysen (Dept. Chemie en Polimeerwetenskap, Fakulteit Natuurwetenskappe)
  7. Dr. D. Forster (Dept. Sistematiese Teologie en Ekklesiologie, Fakulteit Teologie)
  8. Prof. K. Jacobs (Dept. Mikrobiologie, Fakulteit Natuurwetenskappe)
  9. Me. M. McKay (Dept. Wingerd- en Wynkunde, Fakulteit AgriWetenskappe)
  10. Dr. M. Nel (Dept. Publiekreg, Fakulteit Regsgeleerdheid)
  11. Prof. R. Rudman (Skool vir Rekeningkunde, Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
  12. Me. G. Steenkamp (Skool vir Rekeningkunde, Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
  13. Prof. S.C. van Schalkwyk (Sentrum vir Gesondheidsberoepe Onderwys, Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe)

 

Die Sentrum vir Onderrig en Leer wens graag hierdie akademici van harte geluk met hul prestasie en erken hul passie vir en volgehoue strewe na uitnemende onderrig.

 

Die toekennings sal tydens 'n seremonie op 28 November om 18:00 by STIAS gedoen word.