Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Katolieke Persvereniging vereer Prof Juliana Claassens
Outeur: Corporate Communication/Korporatiewe Kommunikasie
Gepubliseer: 07/07/2017

​​​​​​

Prof Juliana Claassens, Hoof van die Departement Oud- en Nuwe Testament aan die Universiteit Stellenbosch (US) se Teologie Fakulteit, beoog om 'n stem te gee aan vroue “wie vervolging teengestaan het in bibliese tye", in haar boek Claiming Her Dignity. Sy het onlangs derde plek in die kategorie 'Gender Issues' vir dié werk gewen, by die Katolieke Persvereniging 2017 Boektoekennings​​.​​​​

“Die toekenning van die Katolieke Persvereniging gee erkenning aan prof Claassens se werk, dit is werklik 'n wonderlike prestasie! Claiming her Dignity: Female Resistance in the Old Testament is die hoogtepunt van prof Claassens se akademiese werk oor die afgelope tien jaar," sê prof Elna Mouton van die US se Teologie Fakulteit. “Dit verken, en herinterpreteer op 'n kreatiewe manier, 'n aantal stories uit die Ou Testament waar vroue met skynbare klein, maar effektiewe nie-gewelddadige dade gereageer het op die barbaarsheid van oorlog, verkragting, sistemiese ongelykheid en armoede." 

Prof Claassens is ook Hoof van die Teologie Fakulteit se nuut gestigde Geslagseenheid.

“Een van die Eenheid se doelwitte is om geslags-ongeregtigheid te bekamp deur 'n meer komplekse begrip van geslag te koester," sê Mouton. “Prof Claassens se boek maak 'n enorme bydra deur 'n ryker en meer komplekse verstandhouding rondom geslag te bevorder, deur interdissiplinêre navorsing oor die kruispunte tussen geslag, gesondheid en teologie te stimuleer, wat ingelig is deur konkrete gemeenskapsbehoeftes."

“Die stories van vroue wie die geweld van oorlog, verkragting, patriargie en armoede teenstaan in die Ou Testament, het ek in die boek ingesluit om ons aandag te trek na die vele kere waar geweld steeds op 'n daaglikse b​​asis groot skade in die lewens van vroue en kinders veroorsaak," het prof Claassens gesê. “Maar, soos my gevolgtrekking lees in die my boek: 'Die dapper, kreatiewe en nie-gewelddadige dade van weerstand van die vroue in die volume vestig ons aandag op die vroue wat oral rondom ons vir geregtigheid veg, en dit moet ons inspireer om 'n gawer en meer regverdige wêreld tot stand te bring, waar vroue, mans en kinders werklik kan floreer."

'Claiming Her Dignity' is deur Liturgical Press gepubliseer, wat uiteindelik drie-en-twintig toekennings by die Katolieke Persvereniging 2017 Boektoekennings opgeraap het.

 Foto: In Samuel 21:10 ontmoet mens vir Rizpah, Koning Saul se weduwee, wie die wrede moord van haar twee seuns en die seuns van haar stiefdogter Merab betreur. Sy hou 'n ses-maand lange waak “van die begin van die oestyd tot die reën van die hemel op hul neergestort het", ter hulde van hierdie slagoffers van geweld. Rizpah tree na vore  as 'n duidelike voorbeeld van vroulike weerstand teen geweld in die bibliese teks, sê Claassens.