Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Ingenieurswese inligtinsaand vir toekomstige Maties
Outeur: Centre for Student Recruitment and Career Advice / Sentrum vir Studentewerwing en Loopbaanadvies
Gepubliseer: 18/05/2017


Die Sentrum vir Studentewerwing en Loopbaanadvies (SSW) in samewerking die Fakulteit Ingenieurswese by die Universiteit Stellenbosch (US), het op Dinsdag 25 April ʼn inligtingsaand by die Sportwetenskapinstituut van Suid-Afrika aangebied. Voornemende ingenieurswese studente en hulle ouers wie in die Suidelike Voorstede van Kaapstad woon het die aand bygewoon om meer uit te vind oor verskeie Ingenieursloopbaanmoontlikhede. 

Die doel van die aand was om ingenieurswese op die radar te plaas vir studente wat goeie punte verwerf het, en om US die eerste in terme van institusionele keuse te maak. "Studentesukses is vir die Universiteit Stellenbosch van groot belang, en ons poog om met hierdie aand ʼn bydrae te lewer om te help verseker dat studente die regte besluite maak" sê  me Magdel Pretoriuss, projekbestuurder.

By aankoms, het voornemende studente en hul ouers die geleentheid gehad om met die US se werwingsspan te gesels en al hulle vrae oor programmevereistes, aansoeke, akkommodasie en beurse beantwoord te kry.

Die aand het voortgegaan met 'n toespraak van die fakulteit van ingenieurswese se dekaan, Professor Hansie Knoetze. Prof Knoetze het die uur gebruik om die toekomstige ingenieurstudente in te lig oor moontlike paaie wat hulle kan neem om hul loopbaandrome ʼn realiteit te maak. Studente het die lokaal verlaat met die gevoel van opgewondenheid, gereed om hul matriek jaar te begin, met die doel om ingenieurswese in die nabye toekoms te studeer.

Indien jy belangstel of weet van iemand wat belangstel om in 2018 by US te studeer, neem asb. kennis van die universiteit se sluitingsdatums:

•         31 Mei 2017: MB,ChB
•         30 Junie 2017: Alle ander programme
•         30 Junie: Koshuisaansoek

Vir meer inligting kontak ons gerus by 0218089111, stuur ʼn epos na info@sun.ac.za of besoek ons webwerf by www.maties.com.