Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Hoëronderwys instellings span saam om fondsinsameling uitdagings aan te spreek
Outeur: Ontwikkeling & Alumni / Development & Alumni
Gepubliseer: 22/03/2017

Proaktiewe samewerking en benaderings tot gedeelde institusionele fondsinsameling uitdagings is slegs 'n paar van die kwessies wat onlangs tydens die eerste Hoëronderwys Fondsinsameling Forum by die Universiteit Stellenbosch (US) bespreek is.

Die forum is gekoördineer deur die US se Afdeling vir Ontwikkeling en Alumni-betrekkinge, in samewerking met die Resource Alliance, 'n internasionale nie-regeringsorganisasie wat fokus op die sosiale impak sektor. Die forum is bygewoon deur verteenwoordigers van fondsinsameling kantore van die Universiteite van Kaapstad, Wes-Kaap, Vrystaat, KwaZulu-Natal, Rhodes en die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie, met die oog op 'n nasionale forum. Die doel van hierdie forum is om 'n gemeenskap van praktyk te skep asook institutionele bevordering werksaamhede by verskeie instellings te ontwikkel en te ondersteun.

"Filantropiese skenkings aan hoëronderwysinstellings is vinnig besig om een van die belangrikste strome van inkomste te word wat die finansiële volhoubaarheid van universiteite verseker. Maar institutionele bevorderingswerksaamhede en hoe dit befonds word verskil van instelling tot instelling, met gevestigde universiteite wat sterker bevorderingsstrukture het in vergelyking met 'n paar van die nuwer en saamgesmelte universiteiteite," het Vera Adams, Bestuurder: Ontwikkelingsdienste by die US en een van die organiseerders van hierdie forum, gesê.

"Innoverende strategieë is nodig om die komplekse uitdagings van hoëronderwysinstellings aan te spreek," het sy bygevoeg.

Volgens Adams, word baie kapasiteitsbou en fondsinsameling benaderings in fondsinsameling prosesse en stelsels geleer van internasionale modelle met 'n sterk fokus op nie-regeringsorganisasies.

Die verskeie instellings wat die Forum bygewoon het, was dit eens dat daar wel 'n behoefte bestaan om 'n nasionale forum te skep, wat spesifiek fokus op institusionele fondsinsameling binne die raamwerk van hoëronderwys. Kern uitdagings wat alle instellings in die gesig staar, soos beursondersteuning en alumni-betrokkenheid, was ook 'n paar van die baie ooreenkomste wat geïdentifiseer is en wat kan baat vind by 'n gesamentlike benadering.

Adams het gesê die plan is dat hierdie forum uitgebrei sal word om nasionale eweknieë in te sluit en dat geleenthede geskep sal word om potensiële internasionale befondsingsgeleenthede te identifiseer wat groter plaaslike samewerking sal vereis.

  • Agter (links na regs) Qondakele Sompondo (RU), Sarah Archer (US); Cheryl Benadie (US), Somayah Barnes (UWK), Ingrid Fourie (UWK) Steve Camp (UKZN Stigting). Voor (links na regs) Sarah Scarth (Resource Alliance), Ronica Ramsout (UVS), Vera Adams (US), Calvin Maseko (CPUT), Stafford Bomester (UWK).