Skryf nou in vir die nagraadse diploma-kursus in Toegepaste Etiek vir die 2024-akademiese jaar wat na ’n MPhil-kursus in Toegepaste Etiek in die 2025-akademiese jaar sal lei.

 

Die Sentrum vir Toegepaste Etiek, wat in die Departement Filosofie gesetel is, rus met hierdie program professionele praktisyns in die geneeskunde, sakebedryf en handel, tegnologie, die omgewing, staatsdiens, beleidsformulering, onderwys en die NRO-sektor toe met die kennis en vaardighede wat nodig is om etiese kwessies te identifiseer, te ontleed en aan te spreek.

SENTRUM VIR TOEGEPASTE ETIEK
 

Nagraadse diploma
Die program strek oor twee twee-weke lange onderrigblokke (altesame vier weke) in Januarie/Februarie en Julie/Augustus, wat met gestruktureerde selfstudie gekombineer word.

Vereistes
Enige Baccalaureus-graad met ’n gemiddelde slaagsyfer van 60% of meer.

DOEN VANDAG AANSOEK

MPhil-gebiede vir spesialisasie

Bio-etiek

Sake-etiek

Omgewingsetiek

Etiek van Kunsmatige Intelligensie

Sosiale en Politieke Etiek

SLUITINGSDATUM Suid-Afrikaanse burgers 31 Oktober 2023