Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Beurtkrag

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​

​​​​

Soos die res van die land, word die Universiteit Stellenbosch en sy kampusse ook geraak deur beurtkrag en moet ons dus voorbereid wees vir enige ontwrigting in die kragtoevoer.

Gelukkig het die meeste akademiese geboue en navorsingsfasiliteite noodkrag tot hul beskikking, sommige geboue het gedeeltelike noodkrag terwyl  ander kampus-steultelpunte toegerus is met 'n UPS (ononderbroke kragtoevoer) met 'n bystand-stelsel wat vir ongeveer twee ure sal hou.

Fasiliteitsbestuur sal inligting rakende hierdie geboue en die toepassende bystandskragtoevoer, sowel as die Eskom beurtkrag-skedules opdateer soos wat Eskom nuwe inligting deurgee.

Hou egter in gedagte dat onverwagte kragonderbrekings enige tyd kan voorkom of dat kragtoevoer dalk nie onderbreek sal word soos aangedui op 'n beurtkragskedule nie. Dit sal afhang van die druk op die kragnetwerk. Raadpleeg ook: www.loadshedding.eskom.co.za.

Hierdie maatreëls is op institutionele vlak in plek gestel, maar die universiteit maak staat op personeel en studente se samewerking om die potensiële impak van beurtkrag op werksverrigting en studies te evalueer en spesiale voorsorg te tref om die impak daarvan te beperk.

  • Laai gereeld mobiele toestelle. Dis sal jou in staat stel om voort te gaan met jou werk of studies en só frustrasie gedurende beurtkrag verminder.
  •  Alle uitgange by geboue met kaartoegang het battery-bystandstelsels en geen probleme met toegang word versien nie. Indien langer kragonderbrekings as die verwagte twee tot drie ure ondervind word, veral oor naweke, sal die batterye nagegaan moet word.  Hierdie stelsels moet ook gereeld gediens te word – die veiligheidskomitee van elke gebou moet toesien dat die stelsels gereeld getoets word.
  • Kragonderbrekings na sononder plaas groter druk op Kampussekuriteit. Personeel en studente kan hierdie las verlig deur waaksaam en voorbereid te wees - hou flitse byderhand  en help kollegas en vriende.
  • Maak seker dat alle elektroniese toestelle wat aangeskakel is voor die kragonderbreking, afgeskakel is voordat jy die kantoor of jou blyplek/koshuis verlaat.
  • Wanneer geleenthede wat afhanklik is van elektrisiteit beplan word, moet organiseerders die beurtkrag skedule raadpleeg voordat datums vir geleenthede vasgemaak word, en verkieslik ook noodreëlings tref. Wanneer kragopwekkers 'n noodsaaklikheid is, moet die koste daarvan in gedagte gehou word.
  • Ter wille van sekuriteit kan personeel en studente versoek word om hulself te identifiseer. Hou asseblief ten alle tye jou personeel-/studentekaart byderhand. 


 

​​Geboue op  kampus​​​

Geboue met volledige noodkrag

​Geboue met gedeeltelike noodkrag​

Geboue met UPS

Geboue sonder noodkrag​

 

 

 

Eskom TuisbladEskom Beurtkrag
AREAZONE
Stellenbosch2
Worcester11
Saldanha12
Tygerberg1
Bellville6

​ ​