Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Fasiliteitsbestuur Toep (App)

​​​​​Cell App Background Pic.jpg

google-grey.jpgapple.png


Die nuwe Fasiliteitsbestuur toep ('app'), stel gebruikers in staat gestel om die Universiteit Stellenbosch (US) in die palm van hul hand te hou en sodoende by te dra tot die  die skepping van 'n vooruitstrewende kampusomgewing.  

​Die toep stel dit personeel en studente in staat om klaskamers te vind, geboue en fasiliteite te verken, inligting in te win omtrent vervoer opsies en enige probleme wat hulle ondervind te rapporteer by Fasiliteitsbestuur (FB) se hulptoonbank. Met die interaktiewe kaart koppelvlak met  'Augmented Reality' kan 'n virtuele toer van die kampus ervaar word. 
 

Die ontwikkeling van die toep is in lyn met die strategie en missie van Fasiliteitsbestuur om die Universiteit Stellenbosch as die voorste kampus -omgewing in Suid-Afrika te handhaaf. 

Ander kenmerke van die toep wat studente en personeel sal help is:

  • Direkte toegang tot die Fasiliteitsbestuur (FB) hulptoonbank, dienste en noodlyn.
  • Toegang tot die amptelike nuus en sosiale voere, insluitend die US nuus artikels, FB nuus artikels en institusionele Twitter voere.
  • Toegang tot inligting van die kampus fasiliteite, soos vloer planne, kamernommers, kontakbesonderhede, ens.
  • Toegang tot kampuskaart met relevante inligting oor  geboue op kampus. 
  • Inligting rakende die pendeldiens soos vertrektye en vertrek punte en 'GPS' koordinate.
  • Terugvoer om FB toep te verbeter deur middel van 'n  terugvoerskerm.
  • Alfabetiese inhoudsopgawe van geboue, fakulteite, departemente en meer.

Opgraderings vir 2015 sluit in:

  • "WiFi hotspot" areas op kampus.
  • Studente eksamen roosters wat studente in staat sal stel om datums, tye en ligging van toetse en eksamens vas te kan stel. 
  • Algemene kampus navigasie wat studente in staat sal stel om roetes tussen geboue en fasiliteite op kampus te vind.

NEEM KENNIS: 

Daar is 'n minimum hardeware vereiste vir 'Augmented Reality' om te kan funksioneer.  Indien die funksionaliteit nie werk wanneer jou toestel horisontaal gelig word nie, is die funksionaliteit nie geaktiveer nie.  

Vir meer inligting, skakel die FB Hulptoonbank by telefoonnommer 021 8084666 en e -pos fmhelpdesk@sun.ac.za .​

banner.jpg

Laai dit hier af:

logo.jpgApple App Store:

https://itunes.apple.com/za/app/su-facilities/id811123432?mt=8 

​Android Play Store:

https://play.google.com/store/apps/details?id=za.ac.sun.sufacilities&hl=en