Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Aanpassings aan die halfjaar-assesseringsdatums

Beste studente and kollegas
 
President Cyril Ramaphosa het amptelik aangekondig dat ons land se verkiesing op 29 Mei 2024 gehou sal word. Hy het verder ook hierdie Verkiesingsdag as 'n openbare vakansiedag vir die hele Republiek van Suid-Afrika geproklameer.
 
Volgens die 2024 Institusionele Almanak val 29 Mei vanjaar in die midjaar-assesseringstydperk, wat soos volg uiteengesit is:
 
a) Junie A2-assesseringstydperk: 20 Mei–8 Junie
b) Junie A3 assesseringstydperk: 10 Junie–28 Junie
 
In die lig van hierdie proklamasie moet die Universiteit die midjaar-assesseringsdatums aanpas om die openbare vakansiedag te akkommodeer en aan alle belanghebbendes van die Universiteit die geleentheid te gee om aan die verkiesingsproses deel te neem. Ons konsulteer tans met die betrokke belanghebbendes in hierdie verband. Ons doel is om alle betrokke partye so min as moontlik te ontwrig. Ek doen egter 'n beroep op studente om te verseker dat hulle vir die hele assesseringstydperk van 20 Mei tot 28 Junie 2024 beskikbaar is.

Let asseblief daarop dat 'n omvattende inligtingstuk aan alle belanghebbendes gestuur sal word sodra die nuwe assesseringsrooster gefinaliseer is. Die 2024 Institusionele Almanak sal verder dienooreenkomstig bygewerk word.

Vriendelike groete 
 
Dr Ronel Retief
Registrateur