Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Gratis skryfadvies

Die Skryflab van die Universiteit se Taalsentrum in Banghoekweg 44 bied gratis een-tot-een skryfkonsultasies aan alle US-studente en personeel. Vriendelike, opgeleide konsultante staan gereed om studente te ondersteun en raad te gee oor hulle skryfwerk. As jy nie aan die gang kan kom met 'n skryfopdrag nie, of bekommerd is dat jou idees nie so duidelik en vloeiend is nie, kan jy by die Skryflab leiding kry. Ons staan jou by soos jy jou skryfvaardighede ontwikkel en verfyn, en dit behoort beslis tot beter punte te lei.

'n Konsultasiesessie is 50 minute lank, maar ons moedig jou aan om ook vir opvolgkonsultasies te kom totdat jy tevrede met jou skryfwerk is.

Ons doen nie redigering by die Skryflab nie. Ons gee jou eerder raad oor hoe om jou skryfwerk te verbeter. Ons streef daarna om jou as skrywer toe te rus met skryfvaardighede wat jy ook in ander skryftake sal kan gebruik – op Universiteit en daarna.

Bespreek gesig-tot-gesig-konsultasies of  ʼn MS Teams-konsultasie aanlyn op die Skryflab konsultasie-besprekingstelsel. Die besprekingstelsel is beskikbaar op die My.SUN-portaal. Vir voorgraadse studente onder Skryflab-besprekingstelsel en vir nagraadse studente onder Admin en Ondersteuning.

Afsprake moet minstens 48 uur vooruit gemaak word.