Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Skryf in vir ons Junie-Julie-fotokompetisie ter viering van Wêreldomgewingsdag 2023

​Hierdie jaar herinner die tema vir Wêreldomgewingsdag 2023 ons daaraan dat ons optrede oor plastiekbesoedeling saak maak. Die Universiteit Stellenbosch se Omgewingsvolhoubaarheidspan en die SDG/2063 Impak Hub skep bewustheid met 'n spesiale fotokompetisie wat wys hoe ons optrede die omgewing beïnvloed. Die kompetisie strek oor Junie en Julie 2023.

Om aan die fotokompetisie deel te neem, moet jy bloot 'n foto neem en 'n onderskrif skryf wat wys hoe jy bewustheid vir omgewingsvolhoubaarheid sal verhoog. Jy kan soveel keer inskryf as wat jy wil.​

Vir inspirasie, kyk wat ons doen in die US Omgewingsvolhoubaarheidsplan, klik hier

Die eerste prys se waarde is R2000, die waarde van die naaswenner se prys R1000 en die waarde van die 3de prys R500, geborg deur die Omgewingsvolhoubaarheidspan. Daar is 'n spesiale bonusprys vir die #BeatPlasticPollution-veldtog geborg deur SDG/2063 Impact hub- spotpryse wat gedurende Junie en Julie op sosiale media toegeken sal word. Ons het ook 'n prys vir die foto wat die gewildste (meeste “likes") is op ons Instagram-blad by @su.environmental.sust.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is om 23:59 op 20 Julie 2023.

Om vir ons fotokompetisie in te skryf, klik asseblief hier