Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Universiteit Stellenbosch Biblioteek se vergaderlokale nou beskikbaar na-ure en naweke

​Ons kondig graag aan dat die Biblioteek se seminaarkamers in die Carnegie Navorsingsruimte, gesprekskamers in die Leersentrum en die virtuele vergaderkamers vanaf Maandag, 27 Maart 2023, ook beskikbaar sal wees vir gebruik na-ure en gedurende naweke.​
1 (2).jpg

Fotos van ‘n gesprekskamer in die Leersentrum, ‘n seminaarkamer in die Navorsingsruimte en ‘n virtuele vergaderkamer


Die vertrekke kan reeds bespreek word vir 2-uur periodes via ons aanlyn besprekingsblad. Na-uurse besprekings is tussen 16:00 tot 21:45 (Ma – Do), terwyl besprekings oor naweke tussen 10:00 tot 16:15 op Saterdae gemaak kan word. Die biblioteek sluit om 17:30 op Vrydae en is dus nie na-ure beskikbaar nie. Let asseblief op dat die virtuele vergaderkamers slegs beskikbaar is vir individuele gebruik, terwyl die seminaar- en gesprekskamers beskikbaar is vir 2 of meer kliënte.

Vir toegang na-ure en op Saterdae moet die sleutels by the Kliëntedienstoonbank afgehaal word. Dit is die hooftoonbank langs die ingang van die biblioteek. Jy benodig jou Universiteitskaart om die sleutels af te haal.

Besoek hierdie blad vir meer inligting oor die beskikbare ruimtes in ons biblioteke.

Vir navrae, kontak Kirchner van Deventer (+27 808 2623) of Jeremiah Pietersen (+27 808 4399).