Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Uitnodiging: Geestesgesondheid @Work

​Jy word genooi op 'n reis na geestesgesondheidswelstand.

Sluit by ons aan vir ‘n gesprek met Tracy Feinstein, Senior Berader by die Suid Afrikaanse Depressie-en- angsgroep.  Tracy en Katlego Letlonkane, US se Programbestuurder: Diversiteitskapasiteitsontwikkeling, sal 'n ruimte skep waar persoonlike reise na geestesgesondheidwelstand reflekteer engedeel word, wat ons op die pad kan leer, wat ons sterker maak en wat ons op die reis na optimale geestesgesondheid hou.

Tyd: 12:45pm – 13:45pm
Datum: Woensdag 28 September 2022
Plek: Microsoft Teams

Vir meer inligting, kontak Nadine Christians by nchristians@sun.ac.za.

Die @Work-reeks is in vennootskap met die Eenheid vir Gelykwaardigheid, HR Welwees en Siyakhula.