Die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, die Eenheid vir Gelykwaardigheid en Afdeling: Studentesake nooi jou na Konfronteer hindernisse tot insluiting vir die LGBTQIA+gemeenskap, 'n paneelbespreking in die aanloop tot Pride Maand in Oktober.
Die paneelbespreking sal fokus op hoe ondersteuning op kampus lyk, toegang tot gesondheidsorg en veilige ruimtes vir die LGBTQIA+gemeenskap, en geestesgesondheidsuitdagings. Nicole Alexander, Direkteur van Pride Shelter Trust, Leon Coetzee, inkomende SPECTRUM! Voorsitter, en Elliott Kotze, sielkundige sluit by gespreksmoderator, Fanele Ndebele, aan.
Sluit persoonlik by ons aan of op Microsoft Teams.
Datum: Donderdag 22 September 2022
Tyd: 12:30 – 14:00
In-Persoon lokaal: Lesingsaal 11, Onderwysgebou, Tygerbergkampus
Vervoer vanaf Stellenbosch kampus na Tygerberg kampus is beskikbaar vir studente wie dit wil bywoon. Sitplek is beperk. Vir meer inligting, kontak Nadine Christians by nchristians@sun.ac.za.