Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Paneelbespreking: Bondgenootskap onder vroue van kleur

​Die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, die Eenheid vir Gelykwaardigheid, die Transformasiekantoor en die Afdeling Studentesake nooi u uit na ’n paneelbespreking ter viering van Vrouemaand in Suid-Afrika. Die paneellede is me Fredalene Booysen, Wes Kaapse Gemeenskapsonderwys- en Mobilisasie-eenheidbestuurder by Sonke Gender Justice, en Mx Zander Niemand, Transformasiebeampte, US SR.


Sluit asseblief by ons aan vir ’n gesprek oor bondgenootskap onder vroue van kleur, terwyl ons bespreek hoe dit lyk en ondersoek of eweknieë van die onderskeie genders, seksuele oriëntasies en rassegroepe steun aan vroue van kleur in hul onderskeie ruimtes verleen.

Die bespreking vind vanaf 12:30 tot 14:00 op 24 Augustus 2022 via MS Teams plaas.
 
Kliek hier om te registreer.

Vir meer inligting, tree met Awethu Fatyela by awethu@sun.ac.za of Nadine Christians by nchristians@sun.ac.za in verbinding.