Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Webinaar: Die rol van die vaksine in die voorkoming van COVID-19 op kampus

​Die rol van die vaksine in die voorkoming van COVID-19 op kampus: Hantering van wantroue en vals berigte 

Kampusgesondheidsdiens, tesame met die Sentrum vir Studentegemeenskappe en die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) bied op Dinsdag 7 September en Donderdag 9 September 2021 twee vaksine-webinaars aan (16:00–18:00).

Die webinaars sal fokus op verskeie onderwerpe verbonde aan die COVID-19-vaksine, soos die belang van inenting, mites oor die vaksine en toegang daartoe. Gassprekers sluit in prof Wolfgang Preiser, hoof van die Afdeling Geneeskundige Virologie van FGGW, en dr Jantjie Taljaard, senior dosent by die Afdeling Infeksiesiektes van FGGW.

Die kampusgemeenskap word genooi om vrae oor die vaksine of COVID-19 na chs@sun.ac.za te stuur. Hierdie vrae sal in die webinaars beantwoord word.

  • Klik hier om vir die webinaar op Dinsdag 7 September (16:00–18:00) te registreer. Klik hier vir toegang tot die webinaar.
  • Klik hier om vir die webinaar op Donderdag 9 September (16:00–18:00) te registreer. Klik hier vir toegang tot die webinaar.​

​​​​​​​