Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
IT onderhoudnaweek: 19 Februarie

Informasietegnologie sal gedurende die naweek van 19 Februarie onderhoud uitvoer op verskillende komponente van die IT infrastruktuur. Gevolglik sal daar tye wees wanneer stelsels nie beskikbaar is nie.

Kwartaallikse, geskeduleerde onderhoud vind plaas vanaf 17:00 Vrydag, 19 Februarie tot 08:00 Maandag, 22 Februarie. Verskeie IT dienste en stelsels word hierdeur geraak en kan gedeeltelik of in geheel nie beskikbaar wees nie.

Gedurende die onderhoudnaweek sal die verouderde firewall, wat tot op hede toegang tot internet buite kampus gebied het, opgegradeer word. Die opgradering sal lei tot beraamde internet onbeskikbaarheid vanaf Saterdag, 20 Februarie 2021 om 10:00 tot Sondag, 21 Feb 2021 om 12:00. 

Weens die omvangryke onderhoud en die noodsaaklikheid vir deeglike toetsing van stelsels en dienste kan onderbrekings Maandag ook voortduur.

Wees verseker dat ons alles binne ons vermoë sal doen om onderbrekings tot die minimum te beperk. Vir navrae meld ʼn versoek aan op die ICT Partner Portal.