Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
AvOL 2019: Indiening van referaatopsomming en registrasie OOP!

Die 12de jaarlikse interne konferensie oor die Akademieskap van Onderrig en Leer (AvOL) wat deur die Universiteit Stellenbosch (US) aangebied word, vind op 29 en 30 Oktober 2019 by die Lord Charles Hotel in Somerset-Wes plaas. Voorkonferensiewerkswinkels word op 28 Oktober 2019 aangebied. Die konferensie is gratis vir US-akademici.

Die tema van vanjaar se konferensie is “(Your) Teaching Matters @ SU" | “(Jou) Onderrig Maak Saak @ US". Die oogmerk van die konferensie is om alle aspekte van onderrig en leer aan die US in 'n oop, ondersteunende en intellektueel stimulerende atmosfeer aan te roer. Dit verskaf 'n platform waar akademici:

  • beste praktyke, navorsingsbevindings en innoverende idees oor onderrig en leer kan deel;
  • oor metodes, neigings en doelstellings in onderrig en leer binne die huidige konteks kan reflekteer en debatteer; en
  • onderrig en leer kan vier.

Die volgende inligting is op die AvOL-webblad by http://www0.sun.ac.za/sotl beskikbaar:

  • 'n Skakel na die aanlyn registrasieblad
  • Besonderhede oor die voorkonferensieprogramme
  • Riglyne vir die indiening van 'n opsomming

Navrae:  sotl@sun.ac.za