Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Indiening van Kreatiewe Uitsette vir Subsidie aan die DHOO

Beste navorsers

Neem asseblief kennis van die feit dat die Departement van Hoër Onderwys & Opleiding (DHOO) 'n nuwe beleid ten opsigte van die subsidiëring van kreatiewe uitsette en innovasie bekendgestel het. Sien asseblief  die skakel vir meer besonderhede. http://www.sun.ac.za/afrikaans/research-innovation/Research-Development/Pages/creative-outputs.aspx?TermStoreId=d4aca01e-c7ae-4dc1-b7b2-54492a41081c&TermSetId=b87eb19e-e69f-4c6f-8c57-6ef2cdfbfed7&TermId=75e5b5f9-c884-44bc-8b82-8d1adaa5eb45 

Die res van hierdie kennisgewing fokus slegs op kreatiewe uitsette aangesien DHOO nog in proses is om die besonderhede rondom die voorlegging van uitsette in die kategorie innovasie (spesifiek patente en  planttelersregte)  uit te klaar.  Meer inligting hieroor sal aan u gekommunikeer word sodra ons amptelik in kennis gestel is.

Die US honoreer en befonds reeds geruime tyd kreatiewe uitsette intern, maar vanaf 2019 sal dit voortaan geskied binne die riglyne van die nuwe DHOO beleid. Hiervolgens kwalifiseer die volgende kategorieë:

  • Skone Kuns & Visuele Kuns
  • Musiek
  • Teater, Opvoerings & Dans
  • Ontwerp
  • Rolprent & Televisie
  • Literêre Kuns

Kreatiewe uitsette wat vir subsidie voorgelê word, moet aan die volgende kriteria voldoen:

  • Bewys van eweknie-evaluering in die vorm van 2-3 verslae van kundiges in die veld wat belangrike konsepte uitlig soos oorspronklikheid van die uitset, toepaslikheid en tot watter mate dit 'n bydrae tot nuwe kennis in die veld lewer
  • 'n Geskrewe motivering van 500-700 woorde van die kunstenaar waarin sekere aspekte uitgelig word nl agtergrond inligting relevant tot die uitset, plasing die uitset binne die konteks van die dissipline en die bydrae daarvan tot nuwe kennis in die veld; die konseptuele en akademiese raamwerk waarbinne dit beoordeel moet word asook sekere detail omterent enige toekennings, die periode waarin die uitset gelewer is, die plek waar dit plaasgevind het, enige toekennings, ens
  • Bewys van affiliasie met die instelling wat die subsidie-eis indien, moet aangetoon word
  • Die eerste geleentheid vir indiening sal kreatiewe uitsette van die afgelope 3 jaar insluit maw kreatiewe uitsette wat in die periode 2016-2018 gelewer is (maw tot n-3). Enige daaropeenvolgende indieningsrondtes sal slegs geld vir kreatiewe uitsette van die vorige jaar (n-1)
  • Die interne sluitingsdatum vir die eerste rondte van indiening vir die 2016-2018 uitsette is 15 Mei 2019

'n Inligtingsvergadering waar meer volledige besonderhede omtrent hierdie proses verskaf sal word, word gehou op Vrydag, 1 Februarie in die Jannasch saal, Konservatorium, Neethlingstraat. Meer inligting omtrent die tyd sal by 'n later geleentheid verskaf word.

Kontak Daléne Pieterse, mver@sun.ac.za vir enige verdere navrae in die verband.