Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Aansoeke oop vir die Afrika Samewerkingstoekenning

Die Sentrum vir Samewerking in Afrika by Universiteit Stellenbosch Internasionaal nooi nagraadse studente, postdoktorale genote en Universiteit Stellenbosch (US) personeel om aansoek  te doen vir die 2018 Afrika Samewerkingstoekenning. Belangstellendes kan aansoek doen vir die volgende kategorieë befondsing:

Kategorie 1: Werkswinkel/ konferensie, georganiseer met 'n vennoot / vennote by een van die US se institusionele bilaterale vennote in Afrika (tot R80 000) – beskikbaar aan US personeel.

Kategorie 2: Navorsingsbesoeke aan een of meer van die US se institusionele bilaterale vennote in Afrika (tot R30 000) – beskikbaar aan US-personeel.

Kategorie 3: Konferensie subsidies om 'n akademiese konferensie op die Afrika-kontinent by te woon (tot R20 000) – beskikbaar vir nagraadse studente.

Kategorie 4: Postdoktorale vennootontwikkelingstoekenning - besoek aan een of meer van die US se institusionele bilaterale vennote in Afrika (tot R30 000) – beskibaar aan postdoktorale genote

Kliek hier vir algemene inligting en ook om 'n aansoekvorm af te laai.

Vir verdere inligting, kontak asseblief Yolanda Johnson by yjohnson@sun.ac.za of Nico Elema by nicoelema@sun.ac.za