Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
DHOO Brief: Lys van Moontlike Roofjoernale - 2016 navorsingspublikasie-uitsette

‘n Vorige skrywe soos ontvang vanaf die Departement van Hoër Onderwys & Opleiding (DHOO) omtrent die identifisering van roofjoernale en weerhouding van subsidie vir publikasies in hierdie joernale verwys. In hierdie skrywe het DHOO twee lyste van joernale geïdentifiseer nl ‘n lys van joernale wat sonder twyfel as roof joernale uitgewys word asook ‘n lys van joernale wat moontlik roofjoernale is. In beide gevalle is subsidie vir 2016 publikasies in hierdie joernale weerhou. Na hewige reaksie uit ‘n verskeie van oorde (veral in die geval van die tweede lys van moontlike roof joernale en die feit dat daar geen aanduiding gegee is oor die kriteria wat gebruik is vir die samestelling van hierdie lys nie) het DHOO ‘n daaropvolgende skrywe uitgereik waarin die aanvanklike skrywe herroep is (sien meegaande amptelike korrespondensie in dié verband).

U is welkom om me Daléne Pieterse (mver@sun.ac.za) te kontak indien u enige navrae het.