Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Volhoubaarheidsfokus vir Mei: Aardeweek-aktiwiteite

​Studente van die Tygerberg-kampus vier elke jaar Aardeweek met talle aktiwiteite om bewustheid en waardering vir die aarde se natuurlike omgewing te bevorder.

Aardedag word internasionaal op 22 April gevier.

Hierdie jaar het die vieringe op 18 April afgeskop met 'n reeks aktiwiteite, soos flieks, dokumentêre films en speletjiesaande wat in al die studenteomgewings geniet is.

'n Waterbesparingsinisiatief genaamd die Emmer-uitdaging is ook van stapel gestuur. Elke koshuis het emmers ontvang waarin hulle stortwater moet opvang wat dan gebruik kan word om toilette mee te spoel of plante nat te lei.

Die week het op 22 April afgesluit met die afskop van die Innoveringsprojek, in samewerking met die "Urban Acupuncture"-projek van die Groter Tygerberg-vennootskap, om kreatiewe idees en projekte oor volhoubare lewenstyl aan te wakker.

Video: Studente van die Tygerberg-kampus deel idees oor Aardeweek en wat alles gereël was om groter bewustheid te kweek oor die uniekheid van ons Aarde.