Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Kies die Taaldiens vir redigeer- en vertaalwerk

Werk die woorde nie saam nie?
Is daar ’n ekstra paar oë nodig vir ’n dokument?

Nuusbydraes, verslae, akademiese artikels, tesisse, briewe, kennisgewings, notules, agendas… die Taaldiens by die US se Taalsentrum redigeer en vertaal ’n breë spektrum dokumente vir die Universiteit en eksterne kliënte. Die diens word in Afrikaans en Engels gelewer. Moet dus nie verder tob oor woordkeuse of stelswyse nie – span die Taaldiens in!

Ons help graag om dokumente taalkundig af te rond of hulle in ander tale te laat praat.

Kry sommer vandag ’n kwotasie. Skakel vir Cobus of Marguerite by 021 808 3096 of e-posfpsnyman@sun.ac.za of mvdwaal@sun.ac.za.

Die Taaldiens lewer ook ’n tolkdiens in lesings en vergaderings. Vir meer hieroor, skakel met Juanli by 021 808 4979 of e-pos taaldiens@sun.ac.za.​