Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Is ChatGPT en AI die einde van assessering soos ons dit ken?
Outeur: Dr Jan Petrus Bosman
Gepubliseer: 28/07/2023

Talks @ Stellenbosch University het onlangs 'n episode vrygestel oor die onderwerp "Is ChatGPT en AI die einde van assessering soos ons dit ken?". In hierdie podcast gesels Jan Petrus Bosman, Direkteur van die Sentrum vir Leer-tegnologieë, met Hanlie Adendorff (Sentrum vir Onderwys en Leer) en Elzette le Roux oor hierdie baie belangrike vraag. Hy deel sy insig en perspektiewe oor die opkoms van generatiewe kunsmatige intelligensie stelsels (soos ChatGPT) en die implikasies van hierdie nuwe (maar eintlik ou) "kid on the block" vir hoër onderwys en spesifiek assessering. Die gesprek neem interessante draaie en wendings soos die verhaal van die invloed van tegnologie op menslike praktyke soos onderwys ontvou. Die gehoor word genooi om krities te dink oor die realiteit om nou masjiene te hê wat lankstaande tradisies en praktyke (soos die tipiese universiteitseksamen of -opstel) in hoër onderwys kan verbeter of dwarsboom. Luister in jou vrye tyd en bly ingelig!