Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
UNESCO-leerstoel oor interkulturele vaardighede aan die US toegeken
Outeur: Corporate Communication and Marketing / Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking
Gepubliseer: 29/05/2023

Die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie (UNESCO) se Leerstoel in Interkulturele Bevoegdhede is aan die Universiteit Stellenbosch (US) toegeken.

Die leerstoel sal in die Afrika-sentrum vir Akademieskap (ACS) in die US se internasionale kantoor, Universiteit Stellenbosch Internasionaal (US Internasionaal), gesetel wees.

'n US-geaffilieerde uitgelese genoot van die VSA, dr Darla Deardorff, sal die bekleër van die leerstoel wees met prof Sarah Howie, Direkteur van die ACS, as die medebekleër.

Die aankondiging van die UNESCO-leerstoel is by die jaarlikse vergadering van die Stellenbosch Internasionale Akademiese Netwerk (SIAN) gemaak waar 77 internasionale universiteite by US Internasionaal aangesluit het om 30 jaar van internasionalisering aan die US te vier. 'n Afvaardiging van die Suid-Afrikaanse Nasionale Kommissie vir UNESCO het onlangs die US besoek om met die nuwe UNESCO-leerstoel se Stellenbosch-span te vergader.

Die UNESCO-leerstoel, wat vir 'n tydperk van vier jaar van 2023 tot 2027 toegeken word, maak deel uit van die globale UNITWIN/UNESCO-leerstoelprogram. Dit behels 'n netwerk van sowat 900 instellings in meer as 120 lande en bevorder internasionale samewerking tussen universiteite en netwerke om institusionele kapasiteit te verbeter deur die uitruil van kennis en samewerking in onderwys, die natuur- en sosiale wetenskappe, kultuur en kommunikasie.

Die inhuldiging van die UNESCO-leerstoel aan die US vind in Augustus 2023 plaas.

Interkulturele bevoegdhede

Die UNESCO-leerstoel in Interkulturele Bevoegdhede sal op die kundigheid van Deardorff, 'n wêreldbekende kenner op die gebied van interkulturele bevoegdheid*, asook op dié van Howie steun vir die integrasie van in-diepte kennis van interkulturele bevoegdhede, opvoedkundige navorsing en kapasiteitsontwikkeling in Afrika.

Die leerstoel sal 'n geïntegreerde stelsel van navorsing, onderrig en opleiding, asook gemeenskapsbetrokkenheid en kommunikasie bevorder. Dit sal samewerking tussen hoëvlak, internasionaal erkende navorsers en doseerpersoneel van die US en ander instellings in die streek en in ander streke van die wêreld fasiliteer.

Volgens Deardorff het navorsing oor interkulturele en globale bevoegdheid tot dusver dikwels op kennis, tesame met vaardighede en ingesteldhede gefokus. “Daar is al hoe meer navorsing oor sosiaal-emosionele leer, emosionele intelligensie en gesprekke rondom empatie en deernis. Dít, tesame met gesprekke oor oorkruisings en die oorlegging van geregtigheid, billikheid, diversiteit, behoort en insluiting, lewer baie navorsingsvrae op wat verdere ondersoek vereis. Die UNESCO-leerstoel beoog om saam met internasionale vennote te werk om dieper te delf in 'n paar sleutelvrae om van navorsing na konkrete praktyk te beweeg, wat uiteindelik op ons gedeelde menslikheid dui," het Deardorff verduidelik.

Sy het die voorneme van die UNESCO-leerstoel gedeel om die lens van interkulturele bevoegdheid te heroorweeg. “Ons onderlinge verbondenheid stel ons in staat om ons perspektief te verskuif.Wat daarvan as ons byvoorbeeld na ander – ons plaaslike én globale bure – deur die lens van buurmanskap kyk? En wat kos dit om as bure oor die weg te kom? Dit kan ons manier van dink oor interkulturele bevoegdheid verskuif van 'n abstrakte konsep na iets wat meer konkreet is."

Globale netwerk

Howie het gesê die leerstoel sal 'n wêreldwye netwerk van navorsers en praktisyns byeenbring om gesamentlike projekte oor interkulturele bevoegdhede met 'n Afrika- en geslagsgelykheidsfokus te ontwikkel om interkulturele bevoegdheid binne die klaskamer, in die kurrikulum en binne gemeenskappe te ontwikkel en te assesseer. "Ons sal ook aan projekte werk waar interkulturele bevoegdhede dalk nie so sterk sterk is nie as 'n geleentheid vir interdissiplinêre samewerking, deur byvoorbeeld geslagsgelykheid, konflik en klimaatsverandering aan te spreek ten einde interkulturele bevoegdhede te versterk wat met die implementering van hierdie projekte geassosieer word," het Howie gesê. “

Deardorff het bygevoeg dat die Leerstoel ook beoog om by te dra tot institusionele ontwikkeling deur interkulturele bevoegdhede onder relevante belanghebbendes en bevoegdhede te versterk deur Noord-Suid-Suid en Suid-Suid universiteitsamewerking. “Die UNESCO-leerstoel aan die Universiteit Stellenbosch bied 'n unieke geleentheid en platform om op die interkulturele pogings voort te bou wat reeds aangepak is en om hierdie geleentheid in samewerking met globale vennote uit te brei en te benut om verder te delf in navorsing tot praktyk, om interkulturele kapasiteit op die vasteland uit te bou om saam 'n beter wêreld te skep," het Deardorff gesê.


MORE ABOUT THE CHAIRHOLDER

Darla K. Deardorff completed her Ed.D in Higher Education Administration at North Carolina State University, USA, with a focus on international education following a Masters in Adult Education.  She is the executive director of the Association of International Education Administrators and Founding President of the World Council on Intercultural and Global Competence. In addition to her affiliation with Stellenbosch University, she holds several academic appointments including as Research Fellow at Duke University. She was a former faculty member at Harvard University's Global Education Think Tank. She has conducted cross-cultural training for universities, companies and non-profit organisations for over 25 years and has published widely on international education, intercultural competence and outcomes assessment with over a dozen books and 70+ book chapters and articles.  She is invited regularly to speak and consult around the world and  has advised organisations such as UNESCO, OECD, AFS International and International Baccalaureate.

CO-CHAIRHOLDER –

Sarah J. Howie completed her PhD in Education at University of Twente, the Netherlands. She is the founding Director of the Africa Centre for Scholarship and Professor in the Centre for Higher and Adult Education at Stellenbosch University. She has almost 30 years of research experience in international comparative studies in education while leading many research project teams. She has published extensively internationally in 85 peer-reviewed articles and book chapters and five books. During the past 20 years she has facilitated research capacity development across the continent and beyond at doctoral level. She has advised international organisations such as the IEA, OECD, UNICEF, UNESCO and World Bank. She has a passion for education and the development of researchers on the African continent.

International liaison for the Chair's African and global network

Sarah Jane van der Westhuizen is the Director for the Centre for Global Engagement, Stellenbosch University International. Sarah Jane is passionate about international education, global engagement and global learning and strongly believes in the transformative impact of global, collaborative educational activities. She has been involved in the field of international education since 2009. She holds a master's degree in philosophy.

Programme coordinator – Training and capacity building initiatives

Werner de Wit is the Programme Manager: Short Term Mobility at Stellenbosch University International. He holds BComm & LLB Bachelor degrees, and an MPhil (Higher Education). His research focuses on the development of intercultural competences. Student learning, leadership and development, Internationalisation and Intercultural Competences are topics he is passionate about and will be pursuing for his PhD (Higher Education). He has worked over the past 10 years in developing short term study abroad opportunities facilitating global learning of international and local students at SU. 

  • Photo: Ms Sarah van der Westhuizen, Director for the Centre for Global Engagement (SUI), Mr Werner de Wit, Programme Manager: Short Term Mobility at SUI, Mr Carlton Mukwevho, Secretary-General, SA National Commission of UNESCO; Prof Sarah Howie, Co-Chairholder; Mr Motopi Rampedi, Secretary of the National Commissionl; and, Mr Robert Kotze, Senior Director, SUI ​

​