Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Prof Jansen gekies as 'n finalis in die gesogte NSTF-toekennings
Outeur: E Els
Gepubliseer: 25/05/2023

Prof Jonathan Jansen, Professor in Onderwysbeleidstudies aan die Fakulteit Opvoedkunde, is gekies as 'n finalis vir die Lifetime Award van die jaarlikse Nasionale Wetenskap- en Tegnologieforum (NSTF)/South32-toekennings 2022/2023.

Die NSTF-toekennings vereer en vier uitstaande bydraes tot wetenskap, ingenieurswese en tegnologie (SET) en innovasie. Die NSTF-toekennings is die mees gesogte openbare SET- en innovasie-toekennings in Suid-Afrika. Wenners en finaliste ontvang hoëprofiel-erkenning op verskeie mediaplatforms. Die Lifetime Award erken en vier 'n uitstaande bydrae deur 'n individu oor 'n tydperk van 15 jaar of meer.

Die NSTF-galadinees vind op Donderdag 13 Julie 2023 in onderskeidelik Kaapstad en Johannesburg plaas. Die geleentheid sal vanaf albei plekke op die NSTF se Youtube-kanaal gestroom word.