Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Sentrum vir Leertegnologieë: Alumni Nuusbrief
Outeur: Elzette le Roux
Gepubliseer: 13/09/2022

Die Sentrum vir Leertegnologieë (SLT) is toegewyd om professionele leergeleenthede vir personeel, in hul pogings om leertegnologie sinvol in hul kursusse aan studente te inkorporeer, te bied. Ten einde professionele leer verder as bloot formele geleenthede te laat strek, loods die SLT 'n Sentrum Nuusbrief met die bedoeling om die netwerk van alumni uit te brei en nuwe geleenthede vir toekomstige samewerking te skep.

 

Alumni, en/of ander inskrywers van die Nuusbrief, kan elke kwartaal van die jaar 'n toepaslike tema verwag wat in drie kategorieë onder loep geneem word. Hierdie kategorieë sluit sentrumnuus, akademieskap leesstof en iets nuuts in verband met die tema, in. Die eerste tema in die eerste weergawe van die SLT Nuusbrief sal op die onderwerp van Vermengde Leer fokus.

 

Die SLT bied sedert 2014 kortkursusse vir personeel van die Universiteit Stellenbosch aan om hul kennis in die teoretiese en praktiese aspekte van tegnologiese bemiddelling van onderrig, leer en assessering uit te brei. Sedert 2022 het die SLT se kortkursusaanbod aan personeel uitgebrei met 'n Gevorderde Vermengde Onderrig en Leer kortkursus. Hierdie loodskursus is vir die dosent van die toekoms ontwerp. Dit sluit nuwe dosente tot meer ervare akademici van alle dissiplines, met 'n gretige belangstelling in onderrigleer aan die een kant en digitale tegnologieë aan die ander kant, in. Alumni wat die Inleiding tot Vermengde Onderrig en Leer kortkursus suksesvol voltooi het, word veral uitgenooi om vir die Gevorderde kursus gedurende die volgende inname in 2023, in te skryf.

 

Indien u die kwartaallikse Sentrum vir Leertegnologieë Nuusbrief wil ontvang en in nuwe geleenthede vir toekomstige samewerking wil deel, kontak ons.