Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
GSSA vereer US-studente vir 2021 se beste MSc-tesis en honneurstesis in aardwetenskappe
Outeur: Media & Communication, Faculty of Science
Gepubliseer: 16/08/2022

​Die Universiteit Stellenbosch (US) het 'n dubbelle slag geslaan met twee studente wat onderskeidelik die Geologiese Vereniging van Suid-Afrika se toptoekennings gekry het vir 2021 se beste MSc-tesis en honneurstesis in aardwetenskappe aan 'n Suid-Afrikaanse universiteit.

Die twee studente, Ryan Rosenfels en Rutger la Cock het sowaar nog iets in gemeen – Dr Bjorn von der Heyden, dosent in die Departement Aardwetenskappe is sowaar hulle albei se studieleier.

Ryan Rosenfels het die John Handley-toekenning gekry vir sy MSc-tesis getiteld: “Characterizing the Fungurume 88 Deposit in the Tenk Fungurume Mining District: an unusual, high grade, primary cobalt sulphide deposit", en Rutger, die Haughton-toekenning  vir sy honneurstesis getiteld: “Manganese deposits within the Cape Supergroup and their relation to thermal springs".

Die nagraadse studente in die US se Departement Aardwetenskappe het die afgelope jare 'n sterk teenwoordigheid by die GSSA-toekennings gehandhaaf. Dr Von der Heyden het self in 2009 die Haughton-toekenning gekry. So lyk die geskiedenis:

  • Die Corstorphine Medalje vir 'n uitsonderlike MSc-tesis by 'n Suid-Afrikaanse universiteit is in 2016 aan Kelly Swana, en in 2017 aan Tarryn Cawood toegeken.
  • Die John Handley-toekenning vir die beste MSc-tesis in aardwetenskappe by 'n Suid-Afrikaanse universiteit het in 2015 aan Matthew Mayne, en in 2019 aan Jonathan Gloyn-Jones gegaan.
  • Die Haughton-toekenning  wat erkenning gee aan 'n uitsonderlike honneurstesis by 'n Suid-Afrikaanse universiteit is al drie maal aan US-studente toegeken: Bjorn von der Heyden (2009), Jean Loock (2015) en Stephan Dunn (2017).
  • In 2020 is Prof Alex Kisters met die Draper Medalje vereer vir sy lewenslange bydrae tot geologie in Suid-Afrika.

Op die foto bo, Ryan Rosenfels (links) en Rutger la Cock (ver regs) te same met hul studieleier, Dr Bjorn von der Heyden. Foto's verskaf