Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Prof Johan Fourie lewer sy intreerede
Outeur: Ronél Beukes
Gepubliseer: 19/05/2022

​Prof Johan Fourie van die Departement Ekonomie het sy intreerede getiteld South Africa's Long Walk to Economic Freedom: A Personal Journey op 17 Mei 2022 gelewer.

Prof Fourie, wat ekonomiese geskiedenis aan voor- en nagraadse studente doseer, het die volgende oor sy lesing gesê: “Deur die geskiedenis van my eie familie, die Fouries, het ek 'n verhaal van Suid-Afrika se ekonomiese ontwikkeling vertel. Sedert die aankoms van Hugenote-vlugteling Louis Fourie 333 jaar gelede aan die suidpunt van Afrika tot die geboorte van my seun, Dawid Fourie, in 2021, is die Fouries nie net deur die ekonomiese, politieke en sosiale verandering in die land gevorm nie, maar het hulle dit help vorm. Al was daar baie verkeerde wendings in die land, het ek hopelik getoon dat dit ook vorentoe beweeg het. Ondanks die mistroostige vooruitsigte tans, is dit goed om te onthou dat ons lewens beter is as wat ons voorouers hulle ooit kon indink. Maar meer werk lê voor om te verseker dat welvaart deur almal gedeel word."

  • Om die intreerede te kyk, kliek hier​.

  • Foto's deur Anton Jordaan. Hooffoto: V.l.n.r. is ​Proff Stan du Plessis (uitvoerende bedryfshoof van die Universiteit Stellenbosch); Ingrid Woolard (dekaan: Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe); Johan Fourie; Ada Jansen (voorsitter van die Departement Ekonomie); en emiritus ekonomieprofessor en navorsingsgenoot Estian Calitz (ook ‘n voormalige dekaan en uitvoerende direkteur van finansies by US). 
    Klein foto: Prof Johan Fourie en die voorsitter van die Departement Ekonomie, prof Ada Jansen.
ProffFourie&Jansen.jpg