Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Ek het een woord vir 2022: SUNFin
Outeur: Petro Mostert
Gepubliseer: 22/03/2022

Toe ek 'n boodskap vir 2022 moes skryf, het een woord by my opgekom: SUNFin. Sedert ons hierdie reis na die “wolk" (cloud) begin het (sonder 'n vuurpyl van SpaceX) het ons nooit gedink dit kan ooit die projek word wat ons op die oomblik mee besig is nie: een wat ons op elke moontlike manier verswelg.

Om 'n huis in die tagtigjare te bou

Ons huidige Adabas finansiële stelsel kan die beste beskryf word as 'n huis wat 'n pasgetroude paartjie in die tagtigerjare vir hulself laat bou het. Met die geboorte van elke kind het hulle 'n kamer op 'n slag bygevoeg, later 'n speelkamer, 'n studeerkamer, binnenshuise gimnasium, 'n lang gang en uiteindelik selfs 'n tuinwoonstel vir die grootouers. Net so het ons kamers en funksies by ons finansiële stelsel gevoeg om meer fakulteite, studente, verskaffers, debiteure en krediteure te akkommodeer. Dit was maklik om te doen, aangesien ons al die funksionaliteit in die huis gehad het.

Om na Oracle Cloud Financials (OCF) te verhuis, is soos om hierdie groot huis toe te sluit met meubels en toebehore en met slegs jou klere, 'n paar boeke (op kindle) en jou (elektriese) tandeborsel in die hand, te trek na 'n volledig gemeubileerde en toegeruste woonstel op die vyfde verdieping wat met afstandbeheer oopsluit. Hier weet selfs jou koffiemasjien hoe laat om jou oggendkoffie te brou.

Ons nuwe huis het geen plek vir enige rommel of opgaar nie. Geen aanpassings of aanbouings is moontlik nie.

Ons het ons kantelpunt bereik, en die risiko's is hoog namate ons beweeg na die wolk; dit waarna mense verwys as die innovasie-enjin vir vandag se digitale ekonomie. Binne hierdie enjin is die mense wat meer as een taak op 'n slag moet doen, baie lang ure moet werk en meer van hulself moet gee as wat hulle ooit kon dink.

Dankie almal vir elke minuut van elke dag wat julle agteroor buig vir die Universiteit Stellenbosch. Dit sal ook verbygaan, maar tot dan is my deur oop om te help waar ek kan. Ek glo in hierdie span en weet julle sal ons betyds in die wolk kry.​


Manie​