Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Gooi Mielies! Maties Sport is reg vir 2022
Outeur: Petro Mostert
Gepubliseer: 22/03/2022

​Die afgelope twee jaar was nie die beste tyd vir sport nie, maar ons span het gesorg dat die MaroonMachine nie momentum verloor nie.

Danksy 'n wonderlike span het ons ons topprioriteite vir die jaar wat voorlê geïdentifiseer, en ek wil dit graag met julle deel.

Die akademiese sukses, ondersteuning en welstand van atlete en ondersteuningspersoneel sal altyd ons prioriteit wees, en hierdie jaar is geen uitsondering nie.

Vanjaar gaan ons ook ons kampussportprogram vir studente en personeel hernu. Ons fondsinsamelingspogings sal fokus op skenkings vir Vrouesport, sowel as kollektiewe sportklub-inkomstegenerering-inisiatiewe. Opleiding en ontwikkeling sal hoog op ons prioriteitslys bly.

Om die US se strategiese doelwit van doelgerigte vennootskappe en netwerke te ondersteun, is ons teleskoop op Afrika ingestel – so hou hierdie spasie dop.

Ons media- en kommunikasiefokus sal deur ons digitale strategie gelei word en ons is opgewonde om groot vordering te maak met ons gevorderde e-Sport-program in vennootskap met Innovus.

Aan my span: Dankie span dat julle die beste span is waarvoor mens kan vra. Ons is reg vir nog 'n wonderlike jaar #MaroonMachine!​


Ilhaam