Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Prof De Villiers op SAfm: SERI gaan baanbrekersnavorsing doen
Outeur: Corporate Communication
Gepubliseer: 10/03/2022

​Op 8 Maart 2022 het prof Wim de Villiers met SAfm se Songezo Mabece, ’n Universiteit Stellenbosch-alumnus, oor onlangse hoëprofielbesoeke aan die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe se Biomediese Navorsingsinstituut (BMNI) gesels. Die BMNI is waar die nuwe Sentrum vir Epidemie-reaksie en -innovasie (SERI) gehuisves word.

Prof De Villiers het SERI se navorsingskapasiteit uitgelig – nie net ten opsigte van Covid-19 nie, maar ook oor siektes soos MIV/Vigs en tuberkulose wat steeds verwoesting in veral Afrika saai.

SERI sal ook die Suid-Afrikaanse Polisiediens kan bystaan met die agterstand van DNS-toetsing in geslagsgeweld-sake.

Luister na die volledige uitsending hier.