Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Robert Kotze
Outeur: Robert Kotze, Senior Director: Stellenbosch University International
Gepubliseer: 14/12/2021

Die jaar 2021 is byna iets van die verlede. Dit is tyd om af te sluit, te besin, en gereed te maak vir tyd saam met familie en vriende oor die feesseisoen.

Wanneer ek terugkyk, is ek trots daarop dat ons by US Internasionaal dinge meestal kon uitpluis, al het die oorvloedige geleenthede dit soms moeilik gemaak om elke legkaartstuk geplaas te kry:

  • Die vestiging van die AUDA-NEPAD Sentrum vir Uitnemendheid in Wetenskap, Tegnologie en Innovasie, een van vyf op die vasteland
  • Die aanbieding van drie gesamentlike skole vir die Opkomende Vakkundigheidsinisiatief (OVI) met die Universiteit van Strathmore, die Lagos Universiteit, en die Universiteit van Rwanda
  • Die vestiging van die US se Eenheid vir Internasionale Kwalifikasiekontrole (SU-UIC) om die gehalteversekering vir die nuutgevestigde Internasionale Sekondêre Sertifikaat (ISS) van die Onafhanklike Eksamenraad te behartig (https://www.iebiq.com/pages/qualityassurance)
  • Die aankondiging as[CF1]  internasionale vennoot van die EUTOPIA Universiteitsalliansie en as 'n geassosieerde lid van die SGROUP‑universiteite
  • Die ontwikkeling van 'n US‑Japan‑sentrum met die Ambassade van Japan.

Binne die konteks van die bogenoemde en die implementering van ons Internasionaliseringstrategie het US Internasionaal 'n herskikking ondergaan, wat tot die samesmelting van die Sentrum vir Vennootskappe en Internasionaliseringsteun en die Sentrum vir Globale Opvoeding in die nuwe Sentrum vir Globale Betrokkenheid (SGB) gelei het, met Sarah van der Westhuizen as die bestuurder. Die samesmelting bring vennootskapsontwikkeling en die daaropvolgende mobiliteitsprogram nader aan mekaar .


Graphic1.png


Internasionaliseringsteun het 'n groter verantwoordelikheid vir US Internasionaal geword. Buiten betrokkenheid by internasionaliseringsaktiwiteite en -inisiatiewe, het al die sentrums 'n institusionele rol deur steun te verleen wat omvattende internasionalisering met 'n internasionaliseringsperspektief betref, en nie net betrokkenheid as sodanig vanuit 'n internasionale perspektief nie.

Die jaar 2022 hou veel belofte in, veral vir die inisiatiewe wat in die grafika hier bo uitgelig word. Ons vertrou almal dat die impak van die wêreldwye pandemie minder ernstig gaan wees en dat al die beloftes gestalte gaan kry, veral om weer fisies mobiliteit te hê, en daarmee saam verantwoordelike, volhoubare en digitale Internasionale Hoër Onderwys.

Ons bedank almal vir hulle volgehoue ondersteuning en betrokkenheid tydens die vergadering van die Stellenbosch Internasionale Akademiese Netwerke (SIAN) (http://www.sun.ac.za/english/SUInternational/Pages/SIAN.aspx). Alles van die beste vir die feesseisoen, hoe 2022 ook al vir jou ontvou, asook met die bereiking van jou internasionaliseringsdoelwitte vir 2022.



Robert Kotzé