Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Twee Konvokasielede verkies tot US Raad en IF onderskeidelik
Outeur: Development & Alumni / Ontwikkeling & Alumni
Gepubliseer: 08/10/2021

​Dr Jan Heunis, Matie-alumnus en President van die Universiteit Stellenbosch Konvokasie, is onlangs deur lede van die US-Konvokasie tot die Universiteitsraad verkies.

Dr Heunis se termyn begin op 8 Oktober 2021 en verstryk op 7 Oktober 2025. 

Lede van die Konvokasie is vroeër versoek om nominasies in te dien vir die vul van hierdie vakature. Aangesien meer as een kandidaat genomineer is, is 'n verkiesing gehou. Konvokasielede kon aanlyn stem en die verkiesing het op 7 Oktober 2021 gesluit.

Sikhulekile Duma was die enigste genomineerde Konvokasielid om in die Institusionele Forum te dien, en hy word dus as behoorlik verkose beskou. Sy termyn strek vanaf 1 Januarie 2022 tot 31 Desember 2024.