Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
ANO vereer die Universiteit Stellenbosch se Vroue in Navorsing
Outeur: Division for Research Development
Gepubliseer: 24/08/2021

As deel van Vrouemaand, vereer die Afdeling Navorsingsontwikkeling (ANO) graag ons Vroue in Navorsing. Ons navorsingsgemeenskap sluit vrouenavorsers in met merkwaardige talent en innoverende idees, wat uitstekende navorsing doen met relevante uitkomste. Hulle navorsing en navorsingsverwante aktiwiteite sluit  areas in waarin hulle besluitnemingsprosesse beinvloed en direkte bydraes maak om die lewens van mense te verbeter. Hulle innoverende idees lei tot nuwe tegnologiese ontwikkelings en  die nuwe konsepte wat hulle ontwikkel lei tot meer volhoubare praktyke. Die ANO het `n aanlyn platform geskep wat toegewy word aan die prestasies van ons Vroue in Navorsing oor die afgelope paar jaar https://bit.ly/suwomen

Volgens Dr Therina Theron, Senior Direkteur: Navorsing en Innovasie aan die US, dra hierdie inspirerende groep vrouenavorsers aan die US aktief by tot die oorhoofse navorsingspoging van die US as leidende navorsingsintensiewe instelling op die Afrika kontinent. “Soos wat die wetenskaplike en eerste vroulike Nobel laureaat Marie Curie eens gesê het: 'Nothing in life is to be feared, it is only to be understood'. Nou is die tyd om meer te verstaan, sodat ons minder kan vrees. Die US se vrouenavorsers maak noodsaaklike bydraes tot die voortdurende soeke om meer te verstaan sodat ons minder kan vrees, en deur hulle navorsing en die positiewe impak daarvan   op samelewingsuitdagings bring hulle hoop vir `n beter wêreld".

Navorsing vir Impak is een van die US se ses institusionele strategiese temas wat die US posisioneer om haar Visie 2040 te bereik. Dit sluit die ideaal in van uitnemendheid en relevansie, wat verryk word deur `n diverse groep mense en idees. Hierdie diversiteit word gesien as `n voorvereiste om die mees komplekse en dringende uitdagings van die toekoms te verstaan en aan te spreek. Hierdie soort navorsing vereis kritiese refleksie en verkennende ingesteldheid. Dit vereis wetenskaplike benaderings en metodologieë wat gegrond is in uitstekende basiese wetenskap asook kreatiewe denke.

As bouers van hoop op en van die Afrika kontinent, doen ons vrouenavorsers uitnemende werk om hulle kundigheid tot diens van menslike- en omgewingsbehoeftes aan te wend. Dit sluit die volle spektrum van fundamentele en toegepaste navorsing in. Hierdie vroue is toegewyd daaraan om `n verskil te maak en daarvoor wil ons hulle vereer. Die wyse waarop hulle nuwe kennis ons samelewing vorm en verander help ons om as navorsingsintensiewe instelling te volhard met ons strewe na kritiese evaluasie, ontdekking en aksie.

Lees meer oor Navorsing aan die US:

Research-related publications (sun.ac.za)