Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Die verskuiwing van A2- en A3-assesserings na ’n aanlyn platform in Julie 2021
Outeur: Division for Learning and Teaching Enhancement
Gepubliseer: 02/07/2021


​Die verskuiwing van A2- en A3-assesserings na 'n aanlyn platform in Julie 2021

In ons huidige situasie is die A2-assesserings, waaronder die afneem van die eksamens onder toesig en al die ander aanlyn assesserings, opgeskort. Alle nagraadse assesserings is uitgestel. Die A2- en A3-assesserings word ná die reses hervat en sal aanlyn plaasvind. Inligting oor 'n A4-assesseringsgeleentheid sal mettertyd deurgegee word (Prof Stan du Plessis, kennisgewing van 28 Junie 2021).

Hierdie dokument bring adviseurs se assesseringsadvies en ‑leiding oor onderrig en leer, leertegnologie en leertegnologiesteun byeen ten einde die billikheid van die A2- en A3-assesseringsgeleenthede en die integriteit van die assesserings te beskerm en die oorlading van die SUNLearn-platform te verhoed. Ons belangrikste advies is om aanlyn assesseringsopdragte te ontwerp as oopboek‑opdragte, met die klem op hoërorde-denke, eerder as om gesloteboek‑, herroepingsopdragte te gebruik.

Leer asseblief hier verder:

Die verskuiwing van A2- en A3-assesserings na ’n aanlyn platform in Julie 2021.pdf

Vir enige navrae of kommentaar kontak asseblief die SOL adviseur in jou fakulteit.